Saturday, March 22, 2008

DIE AVONTURE VAN N BADKAMERTEEL



DIE GROOT SKRIK
Deur Danie du Toit

Kaalvoet onder die hemel, die dag was beslis besig om reg uit te draai. Ek het so pas besluit om my broek se some op te rol, die sand tussen my tone. Die dag was koelerig. Toe word ek wakker…

Dit was ‘n koue, mistigge oggend. Windstil. Goddank. Ek het in my onnoselheid besluit om 7:20 by die skool te wees. Ek weet nie eers of die son al op was nie, maar niks het my voorberei vir wat ek sou moes sien nie…(DADAM!!)

Ek en my lui self het besluit om vroeƫr by die skool te wees sodat ek my rek huiswerk kon doen. Onnosel, kon ek nie maar in my droomwereld by die see bly nie? Kon ek nie maar net my huiswerk die vorige dag gedoen het nie? My gewete het my nog nooit van tevore gepla nie. Vandag was anders. Iets was anders. Die skool het begin voller word. Een vir een het die kinders gereed gemaak om weer terug in die worsmasjien gedruk te word. Al die weemoedige gesigte het my hart nog dieper laat sink. Maandag. Blou, blou Maandag.

Die see was vandag so mooi, die son het stukkies lig deur die wolke gebreek. Plek plek was die weer net te sterk, maar die son het weer probeer. Ek kon hoor hoe die son die wolke met daglig looi, toe ek wakker skrik … Die son het uiteindelik bo die berg uitgekom. Ek wat op die trappe voor die saal aan die slaap geraak het, oneindig dankbaar. Ek het uit die skaduwee geskuif tot waar ek weer my liggaam kon verslap. Waneer sou die skoolklok lui?.

Toe hoor ek dit, blou moord, iets wat tot in die dood skree. In my lewe het ek nog nie so iets gehoor nie, miskien het ek my verbeel…
“AAhgraa!!”
Ek het opgekyk, niks nie.
“AAGHAAAAAH!!!”
Ek het opgestaan, iets was verkeerd,
“AAAAAAAAGHAAAA!!!”

Ek het my rek boeke net daar gelos en begin hardloop. “Hoor julle dit?!?” het ek vir ‘n groep kinders by die kennisgewingbord gevra. Niemand het my geantwoord nie. Met hul rue na my toe, het hulle na iets op die grond gekyk. Ek kon nie sien wat dit was nie. Die groep het groter geword. ‘n Klomp seuns wat op die koudste oggend ooit langs mekaar gestaan het, gemesmoriseerd , doodstil in bewondering van iets vreesliks, iets wat ek nie kon sien nie. Ek het probeer om te sien, maar die groep was te sterk, die seuns wou nie beweeg nie. Ek moes utvind wat dit was, wat so geskreeu het. Ek moes sien wat dit was. Ek klim toe die skaduwees uit op ‘n lamppaal. Ek moes eers my hand voor my gesig hou om te sien wat onder in die skaduwees gebeur…
Daardie dag, het ek my gat af geskrik.