Wednesday, July 16, 2008

Doen dit liewers self -Danie du Toit

As jy teen die hemele skree, antwoord hulle nie. Hul gee net hul heel swaarste reën. Ek het onlangs besluit om die hemele my kant van die verhaal te vertel. Ek het dit miskien ‘n bietjie oordoen, want dit het omtrent vir twee weke daarna hier in die Paarl gereen. Sorry daaroor! Ek het gedurende hierdie twee weke my allerbeste probeer om die reën stop aan te sit. Ek het selfs op ‘n dag nederig om verskoning gaan vra. Die Hemele moes dit miskien sarkasties gevind het, want dis toe dit begin sneeu. Teen die tyd wonder jy seker hoekom ek so op die hemele geskree het. Wel, hoekom sal jy skree? Die antwoord is nogal heel eenvoudig. Frustrasie. Ek is gefrustreerd. Nes enige ander normale tiener in die wêreld. Skool, onderwysers, sakgeld, ouers en die teenoorgestelde geslag bou op tot een kotsspul van ‘n gefrustreerde kop en ‘n moeë hart. Ons voel soms onveilig in die hande van die toekoms. Ja, die wrede donker toekoms. Ons het almal ambisie, ons wil almal êrens kom. Die problem is niemand van ons gaan ooit kry presies wat ons wil hê nie. Ek is gin guru nie, dit is bloot die feite wat ons in ag moet neem in die skep en volg van ons drome. “Doen dit liewers self” is wat hierbo staan is dit nie? Maar hoekom? Wat het die boonste gemors van tyd, geld en woorde met die opskrif te doen? Ons verwag soms van die wêreld om om te gee. Ons wil hê dat die paaie van die lewe goed belig moet wees. Ons wil hê dat die hemele regverdig moet optree. Jy wil hê jou vriende moet jou verstaan. Ons verwag van die wêreld om ons te help in ons lang en uitputunde resies tot die einde. Dis ‘n fout. Doen dit liewers self. As mense en dinge jou dan tegemoetkom, great! As dinge nie jou manier loop nie, kry ‘n flits en belig die lang donker pad self. As jy ‘n onaangename onderwyser het, leer harder. As die rugby afrigter jou haat en jou in die D-span laat rond ploeter, speel harder. Moenie van mense of omstandighede verwag om jou sukses vir jou te behaal nie. Oor twintig jaar van nou af gaan jou al struikelblokke so min beteken soos hierdie sin, woord en punt. Al wat gaan tel is wat jy beryk het in jouself. Watse drome jy gevolg het, waste meisie jy gekry het, en hoe goeie mens jy aan jou naaste was.
Die domste ding wat jy nou kan doen is om op die hemele te skree. Nie net gaan dit dinge erger maak nie, jy gaan ook jou tyd en energie mors. Die wêreld gaan jou nie help nie. Help jouself. Moenie op die hemele skree nie, daai weerligstraal kom vir jou!