
Ek wens ek was 'n klip.
Sodat ek nie hoef om te gee oor hierdie wereld se probleme nie.
Ek wens die see kon my vat en my rondgooi oor al die strande van die wereld.
Daar kan ek tussen ander klippe le en die nag in staar, sonder die dreigement van vordering en sukses.
Net ek en sy en die lang pad vorentoe.
Ek wens ek was die sand.
Onder die weskus-nag, langs haar lyf, soos sy sit en saggies huil.
En dan sing die sterre haar naam oor 'n duisend, duisend see's.
Ons hoor hul saam, soos hul op die branders brand.
Ek wens ek was die grond.
Dan kon ek altyd naby haar bly,
Ek en sy.