DIE LAASTE DAG VAN MY LEWE
Eergister was die laaste dag van my lewe,
die dag voor dit ook.
Met die aankom van die nuwe skool-kwartaal, het ek al hoe meer die gevoel gekry dat daar nie meer 'n toekoms vir my vrye denke was nie, dat ek net nie meer sal kon uithou nie, dat ek sou toelaat dat ek ook soos een van die korthaar seuns sal raak wie se mamma's hulle daaglikse lewens beplan, na swemlesse toe vat en met hul seuns se onderwysers gaan gesels. Ek het begin twyfel toon, ek het amper begin om my kamer uit te vee, ek sou begin huiswerk doen en bid vir prefekskap...
Ek het wakker geskrik en my kop teen my knee gestamp, die bogenoemde nagmerrie was al lank besig om my klaar brose sinne te verniel. Die nuwejaar doen snaakse goed aan 'n mens. Ek dink dit is die ongelooflike hoeveelheid planne wat rondom 'n mens gemaak word, almal wat hulself belowe om iets van die jaar te maak, dit het my in my slaap gehipnotiseer en my in een van hulle verander. Ek het dus soos 'n robot begin stress en beplan. Die eerste dag van skool het aangbreek, soos 'n groot donker golf van seewater wat my rond gooi en sout by my neesholtes op vorseer terwyl ek soos 'n hond probeer om my kop bo die skuim te kry. Ek was gereed, ek het die dag voor dit die laaste dag as regdenkende mens gevier. gereed, gereed om kop eertse in die vuurgat in te spring.
Die skoolklok het gelui. Die herinering van 9 jaar se anti klok gevoelens het uituindelik by my wakker gespring asof hulle met yskas water in die bed natgegooi is, ek het ewe-skielik weer soos my ou self gevoel, ek was weer so lui en aan die ewige beplanning van klasontwrigting, teen enige vorm anti-uniekheid, dit wat die skool al so mooi bemeester het in die mens se kort tyd op Aarde.
Saved by the bell.
Danie
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment