Die wind waai koud teen my slaap. Slaap want die oggend kom nader. Ek weet nie waar ek aan gaan lê het nie, maar ek het ontwaak op die voorstoep. Die oggend was nog nie in volle bors nie, maar daar was bewyse van verandering: Agter die berge was daar die dreigement van lig. Die wrede mag van die son het met enkele strale deur die wolke homself aangekondig. Hier was ek koning. Die voorstoep was was my troon en die uitsig die oor die Paarl was my Koningkryk. Die sterre was my raadgewers, die lang nag oud en op vlug van die lig. En daar ver, agter die berge, het die son op ons afgestorm. Ek het in 'n oomblik wysheid bereik. Die oomblik was net 'n oomblik lank en ek was meteens weer my naïewe self.
Ek wens ek kon onthou wat ek alles in daardie oomblik besef het, dit sou sekerlik indrukwekkend geklink het. Maar nou ja, that's life.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment