Saturday, April 19, 2008

DIE AVONTURE VAN BADKAMERTEEL


Aah, die reen, soggens sag teen my my venster. Die winde wat aankondig dat die winter oppad is, is nie agressief soos ek hulle onthou het nie. Na so 'n somer kom hulle meer as 'n troos, singend in die naam van die kaggelvuur. Ek besef weereens dat die klein goed waarmee ek myself besig hou, nie regtig so baie saak maak soos wat ek dit laat voorkom nie. Oor dertig jaar van nou af, gaan ek weer so sit en nie ontou hoe my wiskundepunte my vakansie bederf het nie. Ek gaan wel dertig jaar se herinneringe he om die winter vir my bekend te maak. Oor dertig jaar van nou af groet die winter my weer soos 'n ou vriend, en dan probeer ons weer al die koue aande herleef. Langs die kaggelvuur, op die bank met my boek, die sterk geur van roosmaryn en lamsboud wat trots deur die kombuis parradeer en die meubelstukke omhels. Elke oomblik tel. Die reen sing haar deuntjie terwyl die donderweer in alt harmonieseer. Na die gesang skeur die wolk soos die son dit met daglig looi, en ek onthou uituindelik, wat die winter werklik vir my beteken.

Monday, April 7, 2008

DIE MIDDERNAGSESSIES

ja, ek weet, dis al lank na middernag, maar is dit nie altyd nie? Die klok slaan erens na wat lyk na laat en ek sit hier en babbel soos 'n dronk gek. Tevrede met my beperkde intelek, wat na 'n goeie nag se slaap hopelik weer sal herstel. Soos ek sit luister ek na al my pa se ou plate en raak dronk op filter koffie, te moeg om te slaap. As ek moes raai, sou die rede vir hierdie gedrag die absolute skoonheid van die vroulike spesie moes wees. Ek raai nie. Ek weet. Die skepper van die vrou moes 'n moerse sin van humor gehad het. Die arme man struikel al vanaf die begin van tyd agter hierdie bose, maar bliksems aantreklike, wese aan. Elke oomblik van haar absolute skoonheid maak my net meer broos. Gaan lees maar net Hooglied, besef dan opnuut waaroor hierdie wereld gaan, die teenoorgestelde geslag. In my geval is dit die meisies. O Hel, daai meisies.
En dit is hoekom ek hier sit en jou, my en almal wat hierdie inskrywing lees, se tyd mors. Sekere mense sal meen dat ek mal is. Hulle is reg. Maar so laat in die aand is ek trots daarop. Verskoon die spelfoute, ek gaan dit nie nou proeflees nie.

Tot waneer ek weer reguit kan dink, groete.

Danie

YSTERKOEI ALBUM UPDATE

Hey! So gues what? It's me, Albert, with a late breaking news flash! Ysterkoei has just completed recordings for their debut album,'Te veel tyd',at Paris Studios.
The album is now in the mastering stage with onebigroom studios.
Further updates will be posted

Saturday, March 22, 2008

DIE AVONTURE VAN N BADKAMERTEEL



DIE GROOT SKRIK
Deur Danie du Toit

Kaalvoet onder die hemel, die dag was beslis besig om reg uit te draai. Ek het so pas besluit om my broek se some op te rol, die sand tussen my tone. Die dag was koelerig. Toe word ek wakker…

Dit was ‘n koue, mistigge oggend. Windstil. Goddank. Ek het in my onnoselheid besluit om 7:20 by die skool te wees. Ek weet nie eers of die son al op was nie, maar niks het my voorberei vir wat ek sou moes sien nie…(DADAM!!)

Ek en my lui self het besluit om vroeƫr by die skool te wees sodat ek my rek huiswerk kon doen. Onnosel, kon ek nie maar in my droomwereld by die see bly nie? Kon ek nie maar net my huiswerk die vorige dag gedoen het nie? My gewete het my nog nooit van tevore gepla nie. Vandag was anders. Iets was anders. Die skool het begin voller word. Een vir een het die kinders gereed gemaak om weer terug in die worsmasjien gedruk te word. Al die weemoedige gesigte het my hart nog dieper laat sink. Maandag. Blou, blou Maandag.

Die see was vandag so mooi, die son het stukkies lig deur die wolke gebreek. Plek plek was die weer net te sterk, maar die son het weer probeer. Ek kon hoor hoe die son die wolke met daglig looi, toe ek wakker skrik … Die son het uiteindelik bo die berg uitgekom. Ek wat op die trappe voor die saal aan die slaap geraak het, oneindig dankbaar. Ek het uit die skaduwee geskuif tot waar ek weer my liggaam kon verslap. Waneer sou die skoolklok lui?.

Toe hoor ek dit, blou moord, iets wat tot in die dood skree. In my lewe het ek nog nie so iets gehoor nie, miskien het ek my verbeel…
“AAhgraa!!”
Ek het opgekyk, niks nie.
“AAGHAAAAAH!!!”
Ek het opgestaan, iets was verkeerd,
“AAAAAAAAGHAAAA!!!”

Ek het my rek boeke net daar gelos en begin hardloop. “Hoor julle dit?!?” het ek vir ‘n groep kinders by die kennisgewingbord gevra. Niemand het my geantwoord nie. Met hul rue na my toe, het hulle na iets op die grond gekyk. Ek kon nie sien wat dit was nie. Die groep het groter geword. ‘n Klomp seuns wat op die koudste oggend ooit langs mekaar gestaan het, gemesmoriseerd , doodstil in bewondering van iets vreesliks, iets wat ek nie kon sien nie. Ek het probeer om te sien, maar die groep was te sterk, die seuns wou nie beweeg nie. Ek moes utvind wat dit was, wat so geskreeu het. Ek moes sien wat dit was. Ek klim toe die skaduwees uit op ‘n lamppaal. Ek moes eers my hand voor my gesig hou om te sien wat onder in die skaduwees gebeur…
Daardie dag, het ek my gat af geskrik.

Thursday, January 17, 2008

If You're Happy and You Know It, Clap your Hands

Clap your hands before you read this.






I mean it...







Last chance!
Ok, so you're probably wondering why I made you clap. To that question there is one answer and one alone: I wanted to be funny.This brings to my next point, Idols is over! And I hope it gets cancelled too. I've had my fill of 'Dewald!' and 'Die Johannes Dippenaar Band' Being flung unto the unwilling public. We need to stand up for our human rights!No one can be forced to endure torture(unless you're into that, wink,wink)!

My next point is more of a question, How do you spell 'Guam'?

Cheers.
Albert

P.S Check out 'Superbad' if you haven't allready. It's a Super great movie.

P.P.S Don't watch it with your parents (I really ****** mean it, man!)

Wednesday, January 16, 2008

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

DIE LAASTE DAG VAN MY LEWE

Eergister was die laaste dag van my lewe,
die dag voor dit ook.
Met die aankom van die nuwe skool-kwartaal, het ek al hoe meer die gevoel gekry dat daar nie meer 'n toekoms vir my vrye denke was nie, dat ek net nie meer sal kon uithou nie, dat ek sou toelaat dat ek ook soos een van die korthaar seuns sal raak wie se mamma's hulle daaglikse lewens beplan, na swemlesse toe vat en met hul seuns se onderwysers gaan gesels. Ek het begin twyfel toon, ek het amper begin om my kamer uit te vee, ek sou begin huiswerk doen en bid vir prefekskap...
Ek het wakker geskrik en my kop teen my knee gestamp, die bogenoemde nagmerrie was al lank besig om my klaar brose sinne te verniel. Die nuwejaar doen snaakse goed aan 'n mens. Ek dink dit is die ongelooflike hoeveelheid planne wat rondom 'n mens gemaak word, almal wat hulself belowe om iets van die jaar te maak, dit het my in my slaap gehipnotiseer en my in een van hulle verander. Ek het dus soos 'n robot begin stress en beplan. Die eerste dag van skool het aangbreek, soos 'n groot donker golf van seewater wat my rond gooi en sout by my neesholtes op vorseer terwyl ek soos 'n hond probeer om my kop bo die skuim te kry. Ek was gereed, ek het die dag voor dit die laaste dag as regdenkende mens gevier. gereed, gereed om kop eertse in die vuurgat in te spring.
Die skoolklok het gelui. Die herinering van 9 jaar se anti klok gevoelens het uituindelik by my wakker gespring asof hulle met yskas water in die bed natgegooi is, ek het ewe-skielik weer soos my ou self gevoel, ek was weer so lui en aan die ewige beplanning van klasontwrigting, teen enige vorm anti-uniekheid, dit wat die skool al so mooi bemeester het in die mens se kort tyd op Aarde.

Saved by the bell.
Danie

Monday, December 17, 2007

Album of the Week


Juno Original Soundtrack
There is just no way that anyone can say they don't like either the movie OR the soundtrack. My rating: 4 3/4 out of 5

Track List:
01. Barry Louis Polisar - All I Want Is You
02. Kimya Dawson - My Rollercoaster
03. The Kinks - A Well Respected Man
04. Buddy Holly - Dearest
05. Mateo Messina - Up The Sprout
06. Kimya Dawson - Tire Swing
07. Belle & Sebastian - Piazza, New York Catcher
08. Kimya Dawson - Loose Lips
09. Sonic Youth - Superstar
10. Kimya Dawson - Sleep
11. Belle & Sebastian - Expectations
12. Mott The Hoople - All The Young Dudes
13. Kimya Dawson - So Nice So Smart
14. Cat Power - Sea Of Love
15. Kimya Dawson & Antsy Pants - Tree Hugger
16. The Velvet Underground - I'm Sticking With You
17. The Moldy Peaches - Anyone Else But You
18. Antsy Pants - Vampire
19. Michael Cera & Ellen Page - Anyone Else But You