Saturday, March 22, 2008

DIE AVONTURE VAN N BADKAMERTEEL



DIE GROOT SKRIK
Deur Danie du Toit

Kaalvoet onder die hemel, die dag was beslis besig om reg uit te draai. Ek het so pas besluit om my broek se some op te rol, die sand tussen my tone. Die dag was koelerig. Toe word ek wakker…

Dit was ‘n koue, mistigge oggend. Windstil. Goddank. Ek het in my onnoselheid besluit om 7:20 by die skool te wees. Ek weet nie eers of die son al op was nie, maar niks het my voorberei vir wat ek sou moes sien nie…(DADAM!!)

Ek en my lui self het besluit om vroeër by die skool te wees sodat ek my rek huiswerk kon doen. Onnosel, kon ek nie maar in my droomwereld by die see bly nie? Kon ek nie maar net my huiswerk die vorige dag gedoen het nie? My gewete het my nog nooit van tevore gepla nie. Vandag was anders. Iets was anders. Die skool het begin voller word. Een vir een het die kinders gereed gemaak om weer terug in die worsmasjien gedruk te word. Al die weemoedige gesigte het my hart nog dieper laat sink. Maandag. Blou, blou Maandag.

Die see was vandag so mooi, die son het stukkies lig deur die wolke gebreek. Plek plek was die weer net te sterk, maar die son het weer probeer. Ek kon hoor hoe die son die wolke met daglig looi, toe ek wakker skrik … Die son het uiteindelik bo die berg uitgekom. Ek wat op die trappe voor die saal aan die slaap geraak het, oneindig dankbaar. Ek het uit die skaduwee geskuif tot waar ek weer my liggaam kon verslap. Waneer sou die skoolklok lui?.

Toe hoor ek dit, blou moord, iets wat tot in die dood skree. In my lewe het ek nog nie so iets gehoor nie, miskien het ek my verbeel…
“AAhgraa!!”
Ek het opgekyk, niks nie.
“AAGHAAAAAH!!!”
Ek het opgestaan, iets was verkeerd,
“AAAAAAAAGHAAAA!!!”

Ek het my rek boeke net daar gelos en begin hardloop. “Hoor julle dit?!?” het ek vir ‘n groep kinders by die kennisgewingbord gevra. Niemand het my geantwoord nie. Met hul rue na my toe, het hulle na iets op die grond gekyk. Ek kon nie sien wat dit was nie. Die groep het groter geword. ‘n Klomp seuns wat op die koudste oggend ooit langs mekaar gestaan het, gemesmoriseerd , doodstil in bewondering van iets vreesliks, iets wat ek nie kon sien nie. Ek het probeer om te sien, maar die groep was te sterk, die seuns wou nie beweeg nie. Ek moes utvind wat dit was, wat so geskreeu het. Ek moes sien wat dit was. Ek klim toe die skaduwees uit op ‘n lamppaal. Ek moes eers my hand voor my gesig hou om te sien wat onder in die skaduwees gebeur…
Daardie dag, het ek my gat af geskrik.

Thursday, January 17, 2008

If You're Happy and You Know It, Clap your Hands

Clap your hands before you read this.






I mean it...







Last chance!
Ok, so you're probably wondering why I made you clap. To that question there is one answer and one alone: I wanted to be funny.This brings to my next point, Idols is over! And I hope it gets cancelled too. I've had my fill of 'Dewald!' and 'Die Johannes Dippenaar Band' Being flung unto the unwilling public. We need to stand up for our human rights!No one can be forced to endure torture(unless you're into that, wink,wink)!

My next point is more of a question, How do you spell 'Guam'?

Cheers.
Albert

P.S Check out 'Superbad' if you haven't allready. It's a Super great movie.

P.P.S Don't watch it with your parents (I really ****** mean it, man!)

Wednesday, January 16, 2008

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

DIE LAASTE DAG VAN MY LEWE

Eergister was die laaste dag van my lewe,
die dag voor dit ook.
Met die aankom van die nuwe skool-kwartaal, het ek al hoe meer die gevoel gekry dat daar nie meer 'n toekoms vir my vrye denke was nie, dat ek net nie meer sal kon uithou nie, dat ek sou toelaat dat ek ook soos een van die korthaar seuns sal raak wie se mamma's hulle daaglikse lewens beplan, na swemlesse toe vat en met hul seuns se onderwysers gaan gesels. Ek het begin twyfel toon, ek het amper begin om my kamer uit te vee, ek sou begin huiswerk doen en bid vir prefekskap...
Ek het wakker geskrik en my kop teen my knee gestamp, die bogenoemde nagmerrie was al lank besig om my klaar brose sinne te verniel. Die nuwejaar doen snaakse goed aan 'n mens. Ek dink dit is die ongelooflike hoeveelheid planne wat rondom 'n mens gemaak word, almal wat hulself belowe om iets van die jaar te maak, dit het my in my slaap gehipnotiseer en my in een van hulle verander. Ek het dus soos 'n robot begin stress en beplan. Die eerste dag van skool het aangbreek, soos 'n groot donker golf van seewater wat my rond gooi en sout by my neesholtes op vorseer terwyl ek soos 'n hond probeer om my kop bo die skuim te kry. Ek was gereed, ek het die dag voor dit die laaste dag as regdenkende mens gevier. gereed, gereed om kop eertse in die vuurgat in te spring.
Die skoolklok het gelui. Die herinering van 9 jaar se anti klok gevoelens het uituindelik by my wakker gespring asof hulle met yskas water in die bed natgegooi is, ek het ewe-skielik weer soos my ou self gevoel, ek was weer so lui en aan die ewige beplanning van klasontwrigting, teen enige vorm anti-uniekheid, dit wat die skool al so mooi bemeester het in die mens se kort tyd op Aarde.

Saved by the bell.
Danie

Monday, December 17, 2007

Album of the Week


Juno Original Soundtrack
There is just no way that anyone can say they don't like either the movie OR the soundtrack. My rating: 4 3/4 out of 5

Track List:
01. Barry Louis Polisar - All I Want Is You
02. Kimya Dawson - My Rollercoaster
03. The Kinks - A Well Respected Man
04. Buddy Holly - Dearest
05. Mateo Messina - Up The Sprout
06. Kimya Dawson - Tire Swing
07. Belle & Sebastian - Piazza, New York Catcher
08. Kimya Dawson - Loose Lips
09. Sonic Youth - Superstar
10. Kimya Dawson - Sleep
11. Belle & Sebastian - Expectations
12. Mott The Hoople - All The Young Dudes
13. Kimya Dawson - So Nice So Smart
14. Cat Power - Sea Of Love
15. Kimya Dawson & Antsy Pants - Tree Hugger
16. The Velvet Underground - I'm Sticking With You
17. The Moldy Peaches - Anyone Else But You
18. Antsy Pants - Vampire
19. Michael Cera & Ellen Page - Anyone Else But You

Jannie Verjaar en die Groot Trek

Hey, dis Albert hier, ek het besluit om 'n nuwe, Afrikaanse rubriek te skep sodat ek ook 'n woord kan spreek oor Afrikaanse dinge.Ek wil graagmet julledeel datek sopas begin het met die skryfvan'n lied wat die titel "verlee" sal heet. Dit word opgedra aan Esther,Dirk,Albert Basson, Julian en Barbara.

In die wereld van die koei loop dingemaar stadig nadat ons die rockspaaider gewen het. Ek het sopas die idee gekry om dalk 'n Album-launch-toer te hou en by plekke soos Stilbaai en Hartenbos op te tree. Erens in die toekoms dalk 'n buitelandse toer of so iets groots.Geniet die vakansie en ry veilig.
Cheers.
Albert.

Thursday, December 13, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

Hallo,Bonjour, morgen, nkosi sikeleli!

Ek het besluit om vandag met julle oor die blog self te praat, die ding waarop julle nou is.
Baie mense kom na my toe en se, "Haai, ons het jou blog gesien, dis net jammer dat daar so min goed op is," Hierdie probleem kon nou al vir 'n lang tydperk voor. Ek het dus besluit om iets daaraan te doen: ek gaan vir julle almal 'n geheim vertel!!!
As julle sou af gaan langs die kant van die blog, sal julle 'n eienaardige verskynsel sien wat genoem word "blog archive"
Hierdie fenomeen het die gepeupel instaat gestel om te sien wat ons al alles gepost het, want dit kan nie op een blad inpas nie!!!
so, bederf jouself tot 'n lekker vet bron van inligting, 'n klomp lekker tydmors aktiwiteite spesiaal gemaak om genot te verskaf aan almal van julle!!!
Nog een ding,
Ons weet nie hoe om ons musiek op te laai op hierdie blog nie!
Maar dit is steeds moontlik vir diegiene om hulself bloot te stel aan 'n oomblik van totale vreugde en gekheid!! Hoe? wel, dit is opsigself eintlik ontsaglik maklik!!
Gaan kyk net op YOU TUBE!!!
vir die verskynsels wat twyfel oor die aksies wat hulle nou moet neem, JULLE moet net op die bogenoemde webwerf gaan en ysterkoei intik op julle sleutelborde!!
tot dan
Danie

Wednesday, December 12, 2007

DIE ADVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL


Die wekker

Wel ek sit hier ver verwyderd, en ek soek 'n gedagte wat geskik gebore is in my brein vir nog 'n sinnelose artikel. 'n Eindelose stroom van gedagtes sirkuleer my kop soos 'n klomp aasvoels gereed om te vreet. Ek sit in my kamer, maar dit voel asof ek reguit in die son staar. Daardie sondagmiddaggevoel wat my oë so swaar maak. My seer maag en seerder keel klou aan my hakke en trek my af tot 'n enkelsel bestaan van voer, slaap en voortbestaan. Ek kon vanoggend weer nie laatslaap nie. Snaaks, hoekom word die jeug so gestraf. In die skoolkwartaal kan ek nie wakker word nie, in die vakansie kan ek nie aan die slaap bly nie. Ek blameer die skool hiervoor. Asof die propoganda en reëls nie genoeg is nie. Ek ly tot in Kersfees nog aan bomskok. Ek het nou al my selfoon se ringtones verander, want dit heriner my aan vroegoggend wekkers, wat soos 'n hoeter in my ore blaas om my vir nog 'n dag te dril en te martel tot ek ingee en ook toelaat dat hulle my in die worsmasjien kan indruk. In elk geval, ek het gedink daar aan om 'n masjien te ontwikkel wat my nie sal wakker maak nie, maar aan die slaap maak. As enigeiemand enige idees hoegenaamd het, los 'n boodskap, bou die masjien en stuur dit vir my. Aan die persone wat dink dat ek onredelik is, "You may say I'm a dreamer, but I'm not the only one!"

Tot dan
Danie du toit