Tuesday, April 24, 2007

Hi almal, ek het hierdie navorsings taak gedoen by die skool. ek het alles self gedoen en julle kan dit gebruik as julle te moeg is om te werk


navorsingstaak

inhoud
Mozart se geboorte
Mozart se pa.
Mozart se ma.
Mozart se huwelik en sy dood.
sy werke
Interessante feite
bronnelys

Mozart se geboorte

Wolfgang amadeus Mozart is in Salsburg, Oostenryk gebore op 27 januarie 1756. hy is gebore in die voorkamer van getreidegasse 9. sy ouers was leopold en anna maria pertl Mozart. hy het een suster gehad wat maria anna genoem is, maar sy is deur vriende en familie nannerl genoem.

hy is op die dag na sy geboorte in die st. Rupert’s katadraal gedoop.
Mozart se pa

Mozart se pa (1719-1787) was een van europa se top musiekonderrigters gewees. sy boek, versuch einer grundlichen violinschule, is in die jaar van Mozart se geboorte gepubluseer.

leopold het sy werk gelos toe hy gesien het hoe talentvol sy seun was. hierdie ongelooflike talente het tevoorskyn gekom toe Mozart maar net drie jaar oud was. Leopold het al sy tyd daaraan bestee om vir sy seun verskeie instrumente te leer soos viool, orrel en klawerbord. Mozart het al teen die ouderdom van vier talle musiekstukke vir hierdie instrumente uit sy kop uit geken en teen die ouderdom van vyf al sy eerste musiek begin skryf.

in 1781 is die stuk idomeneo (wat gesien is as sy eerste groot opera) vir die eerste keer in munich gespeel. Mozart het in daardie tydperk vir die prins-aardsbiskop Colloredo gewerk (wat saam met hom daar was). teen die tyd wat Mozart teruggekeer het na sy geboorte plek, Salzburg, het hy baie moeilik begin raak en het geweier om na die prins se opinies oor die musiekbedryf te luister. hy is dus uit die prins se diens geskop. Mozart het toe besluit om in Vienna te gaan bly en vir homself te werk.
Mozart se ma

van Mozart se ma (1720-1778) is daar nie baie informasie nie. sy het met leopold getrou op die 21ste november 1747. vyf van hul kinders was op ‘n vroeë ouderdom dood. die een wat die langste geleef het, het maar ses maande geleef en die een wat op die vroegste ouderdom dood is, is op ses dae dood.
in 1778 het anne maria en haar seun, Wolgang, Parys toe getrek weens die omstandighede in Duitsland.
in Parys moes Mozart sy ma vir dae aaneen alleen los opsoek na werk en sy moes aleen in die huis bly. Sy kon nie frans praat nie en het dus gesukkel om te sosialiseer. Sy het aangehou om briewe te skryf aan haar man, maar is later in parys dood (1778). Haar laaste brief aan haar man is drie weke voor haar dood geskryf.
Mozart se huwelik en sy dood

Vier jaar na sy ma se dood, het Mozart met ‘n vrou getrou met die naam Konstanze. saam het hulle twee kinders gehad. Alhoewel Mozart baie geld gemaak het, het hy als veels te vinnig spandeer. Die gesin is toe gelos met baie skuld. Mozart self is op 5 December 1791 in Vienna dood.
Mozart het geen geld oorgehad toe hy dood is nie en het dus nie ‘n naam op sy grafsteen nie.

sy werke
Mozart se musiek is ‘n argetipiese voorbeeld van klassieke musiek, baie soos die werke van Haydn, en sy vordering in musiek het parralel geloop met die vordering van klassieke musiek in die breë. Hy was ook baie aanpasbaar in die sin dat hy musiek in al die major genres geskryf het, insluitend operas, simpfonieë concerto’s en klavier sonatas.

Mozart het ook ongelooflik baie gedoen om die klavier concerto te ontwikkel en te bevorder. Hy het ook baie relegieuse musiek geskryf. In sy musiek was daar ‘n fantastiese balans tussen begeleidende- en solo-instrumente. Veral deur sy laaste tien jaar het Mozart baie met chromatiese harmonieë ge-eksprimenteer en sy werke is tot deur Haydn gewaardeer in daardie tyd. Mozart se styl was baie lig en plesierig, sonder langdradige donker dele.
Hier is ‘n paar voorbeelde van sy werke, dit word in drie tydperke opgedeel;
Vroeë werke La finta semplice (1768) Bastien und Batienne (1768) Mitridate, re di Ponto (1770)
Middel werke: Missa in C, Coronation Mass (1779)
Later Werke: Idomeneo, re di Creta (1781) The Abduction from Seraglio (1782) Mass in C mineur (1783) The Marriage of Figaro (1786) Don Giovanni (1787) Cosi fan tutte (1790) La Clemenza di Tito (1791) The Magic Flute (1791) Requiem (1791)

Interessante feite 1. Niemand weet regtig hoe Mozart dood is nie, maar daar was al verskeie sienings insluitend dat hy dalk vergiftig is.2. Alhoewel sy dood ‘n groot skok was vir sy familie, word daar beweer dat sy werk beïnfloed is deur een of ander donker gebeurtenis, baie mense sê dat hy self geweet het dat hy gaan sterf.3. Mozart het nie ‘n regte begrafnis gehad nie, maar (ironies genoeg) 200 jaar na sy dood luister mense nog steeds sy musiek.






bronnelys

http://www.google.co.za/
http://www.wikipedia.com/
die rolprent: Amadeus
algemene kennis
die boek: Mozart for beginners (penguin publishers.1998)
iemand het op die comments page vir my gevra wat Ysterkoei in frans is, so ek het 'n bietjie navorsing gedoen en blykbaar is dit La vache de fer