Monday, April 7, 2008

DIE MIDDERNAGSESSIES

ja, ek weet, dis al lank na middernag, maar is dit nie altyd nie? Die klok slaan erens na wat lyk na laat en ek sit hier en babbel soos 'n dronk gek. Tevrede met my beperkde intelek, wat na 'n goeie nag se slaap hopelik weer sal herstel. Soos ek sit luister ek na al my pa se ou plate en raak dronk op filter koffie, te moeg om te slaap. As ek moes raai, sou die rede vir hierdie gedrag die absolute skoonheid van die vroulike spesie moes wees. Ek raai nie. Ek weet. Die skepper van die vrou moes 'n moerse sin van humor gehad het. Die arme man struikel al vanaf die begin van tyd agter hierdie bose, maar bliksems aantreklike, wese aan. Elke oomblik van haar absolute skoonheid maak my net meer broos. Gaan lees maar net Hooglied, besef dan opnuut waaroor hierdie wereld gaan, die teenoorgestelde geslag. In my geval is dit die meisies. O Hel, daai meisies.
En dit is hoekom ek hier sit en jou, my en almal wat hierdie inskrywing lees, se tyd mors. Sekere mense sal meen dat ek mal is. Hulle is reg. Maar so laat in die aand is ek trots daarop. Verskoon die spelfoute, ek gaan dit nie nou proeflees nie.

Tot waneer ek weer reguit kan dink, groete.

Danie

YSTERKOEI ALBUM UPDATE

Hey! So gues what? It's me, Albert, with a late breaking news flash! Ysterkoei has just completed recordings for their debut album,'Te veel tyd',at Paris Studios.
The album is now in the mastering stage with onebigroom studios.
Further updates will be posted