Thursday, December 6, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL


GONE FISHING

vakansie, wat te laat kom en te vroeg eindig. REGTIGWAAR, in my lewe het ek nog nooit uitgesien tot skool nie, en ek sal ook nooit nie. My raport was ook ietwat van 'n shocker, maar dis 'n ander storie. Ek het hierdie naweek die onmoontlike gedoen, en dis waaroor ek nou gaan skryf. Nee, ek is nie net besig om die skerm vol te maak met oorbodige langdradige beskrywings van sinnelose sinne en uitstallende woorde nie, ek het werklik iets om oor te skryf. Wie van julle weet waar Struisbaai is? Ek weet...die middelpunt van die aardoppervlak, sout van die aarde- dis eintlik 'n baie nice plek! In elkgeval, ek en 4 van my pelle het hierdie naweek die onmoontlike gedoen, ons het gestap vanaf Strusibaai to Arniston, dit is baie, baie, baie ver. Ons het dit strandlangs gedoen, ons was op plekke wat ons seker is daar nog nie mense was vir 'n baie lang tyd nie. ons het 4 swart tobies gesien, ja, daai voël wat so skaars is dat jy nie eers geweet het bestaan nie. Ek daag enige iemand uit om hierdie strand/bos/middel van nerens pad te gaan stap. Ons was almal half dood toe ons daar anderkant aangekom het. Ons het altesaam 8 ure gestap en een van my vriende kon vir die res van die aand nie praat nie. Nog 'n ding, wie van julle is bang vir seemeeue? Laat ek dit refrase, wie van julle is bang vir 'n keziljoen misile luanching skreeuende seemeeue. Wel, moes jy al ooit deur die seemeeu den van die wereld loop? As jy het, het jy deur die area geloop waar AL die neste is? Het jy al deur hierdie halwe rugby veld van neste geloop terwy hulle almal vol honger baba seemeeue is, wel as jy het, het ek baie respek vir jou as jy nie bang vir is seemeeue nie. Ja, op die pad wat ons moes deurloop, het ons onself bevind in die seemeeu den van die wereld. Ons was eers nie so bang nie, ons het voort gegaan, toe begin daardie monsters skreeu, my ore is nog steeds seer, toe ek af kyk tot op die rots, sien ek dat ons nou net gekom het tot die middelpunt van hulle neste. what fun! Aan jou een kant het jy die diep donker bos, aan jou ander kant die honger see wat die rotse met 'n miloen ton van slae probeer breek, bo jou is daar 'n oneindige getal van skreeuende seemeeue wat jou liggaam begin sirkel en jou vuil maak met hul middagete. In elkgeval, ek hoop julle probeer hierdie klein "stappie". Dis werklik die belewenis van 'n leeftyd!
Geniet die res van die vakansie!
Skool is maar net iets wat ons almal moet deurgaan sodat ons ook eendag as deel van die masjien kan beskou word!