Thursday, December 13, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

Hallo,Bonjour, morgen, nkosi sikeleli!

Ek het besluit om vandag met julle oor die blog self te praat, die ding waarop julle nou is.
Baie mense kom na my toe en se, "Haai, ons het jou blog gesien, dis net jammer dat daar so min goed op is," Hierdie probleem kon nou al vir 'n lang tydperk voor. Ek het dus besluit om iets daaraan te doen: ek gaan vir julle almal 'n geheim vertel!!!
As julle sou af gaan langs die kant van die blog, sal julle 'n eienaardige verskynsel sien wat genoem word "blog archive"
Hierdie fenomeen het die gepeupel instaat gestel om te sien wat ons al alles gepost het, want dit kan nie op een blad inpas nie!!!
so, bederf jouself tot 'n lekker vet bron van inligting, 'n klomp lekker tydmors aktiwiteite spesiaal gemaak om genot te verskaf aan almal van julle!!!
Nog een ding,
Ons weet nie hoe om ons musiek op te laai op hierdie blog nie!
Maar dit is steeds moontlik vir diegiene om hulself bloot te stel aan 'n oomblik van totale vreugde en gekheid!! Hoe? wel, dit is opsigself eintlik ontsaglik maklik!!
Gaan kyk net op YOU TUBE!!!
vir die verskynsels wat twyfel oor die aksies wat hulle nou moet neem, JULLE moet net op die bogenoemde webwerf gaan en ysterkoei intik op julle sleutelborde!!
tot dan
Danie