Saturday, April 19, 2008

DIE AVONTURE VAN BADKAMERTEEL


Aah, die reen, soggens sag teen my my venster. Die winde wat aankondig dat die winter oppad is, is nie agressief soos ek hulle onthou het nie. Na so 'n somer kom hulle meer as 'n troos, singend in die naam van die kaggelvuur. Ek besef weereens dat die klein goed waarmee ek myself besig hou, nie regtig so baie saak maak soos wat ek dit laat voorkom nie. Oor dertig jaar van nou af, gaan ek weer so sit en nie ontou hoe my wiskundepunte my vakansie bederf het nie. Ek gaan wel dertig jaar se herinneringe he om die winter vir my bekend te maak. Oor dertig jaar van nou af groet die winter my weer soos 'n ou vriend, en dan probeer ons weer al die koue aande herleef. Langs die kaggelvuur, op die bank met my boek, die sterk geur van roosmaryn en lamsboud wat trots deur die kombuis parradeer en die meubelstukke omhels. Elke oomblik tel. Die reen sing haar deuntjie terwyl die donderweer in alt harmonieseer. Na die gesang skeur die wolk soos die son dit met daglig looi, en ek onthou uituindelik, wat die winter werklik vir my beteken.