Friday, April 27, 2007


na al die comments wat julle geskryf het, het ons besluit om te preek;
Ek, en julle almal is hier teenwoordig as gekultiveerde diere:
Ons leef met die Oerdrange van die dier.
Ons oer en diepste behoeftes is eenvoudig: Ons wil
eet
Ons wil voortplant
Ons wil doodmaak
In kort: ons wil oorleef

Tog is daar evolusie (verandering), groei het mos reeds plaasgevind:
Baie van ons dink oor meer dinge as net kos, seks en doodmaak
Vir baie van ons is blote oorlewing nie goed genoeg nie.
Ons wil skep
In kort: Ons het waardes. Ons onderskei ons van al die ander diere hierdeur!

Sonder hierdie onderskeid (sonder waardes) is ons net diere, niks meer nie.

Die beestelike aard van die mens loop parallel aan die geestelik aard van die mens.

Met geestelik bedoel ek nie slegs religieuse waardes nie. Meeste religië se voorskrifte en waardes is soortgelyk en moet ons lei tot die insig dat daar iets soos absolute waardes is.
Geestlike is om te soek na die sublieme. Na iets hemels.
i. ‘n soeke na God.
ii. ‘n soeke na liefde
iii. ‘n soeke na iets spiritueel
iv. Hiermee bedoel ek nie Die kerk of ‘n dogma waarin ons as ‘n groepsdier sekuritet vind nie.
v. Ons is op soek na ‘n hoër vlak van menswees. ‘n tipe Nirvana

Hierdie Geestlike soeke lei tot sosiale en morele waardes
‘n Samelewing neem struktuur aan as hy hom onderwerp aan ‘n morele waarde sisteem
wanneer ‘n samelewing nie homself onderwerp hieraan nie, kry jy ‘n siek samelewing
Wanneer lede van ‘n samelewing se primere fokus hul dierlike drifte is, kan daar nie groei plaasvind nie.
Paulus het hieroor iets bai balengrik geskryf aan die gemeente van die Filippense:
Julle liefde moet meer word sodat julle kan onderskei – die dinge waarop dit aankom
Onderskei tussen belangrik & minder balangrik. dit wat regtig saak maak.
- Tussen dit wat waarde het & dit wat nie regtig waarde het nie.

Hoe leer mens dit onderskei?
Paulus sê: jy moet deur die regte bril/lens kyk.
Die regte lens is die liefde
As jy deur ander lense kyk, kan jy nie onderskei nie.

As jy byvoorbeeld kyk deur ‘n lens van vrees
Of deur ‘n lens van woede, verwring dit alles
Maar as jy kyk deur d lens vd liefde,
sien jy
wat het waarde.
wat weeg swaar.
Wat belangrik is.
Dan het jy waardes wat die moeite werd is.


Slot
Die moderne sameliwing hou homself voor as ‘n samelewing met morele waardes.
Ons gaan mos elke Sondag kerk toe
En ons pik ‘n traan as ons ‘n straatkind sien
En ons gee kolekte om ons deel te doen
Ons is so geestlik. Ons is Sondaers wat op Sondae glo
En ons gooi bomme op mekaar
En ons verkag, belieg en besteel mekaar. Ons breek mekaar af
Is ons werklik so geestelik as wat ons glo. Is ons anders as die ander diere?
Was daar ooit evolusie?