Wednesday, December 12, 2007

DIE ADVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL


Die wekker

Wel ek sit hier ver verwyderd, en ek soek 'n gedagte wat geskik gebore is in my brein vir nog 'n sinnelose artikel. 'n Eindelose stroom van gedagtes sirkuleer my kop soos 'n klomp aasvoels gereed om te vreet. Ek sit in my kamer, maar dit voel asof ek reguit in die son staar. Daardie sondagmiddaggevoel wat my oë so swaar maak. My seer maag en seerder keel klou aan my hakke en trek my af tot 'n enkelsel bestaan van voer, slaap en voortbestaan. Ek kon vanoggend weer nie laatslaap nie. Snaaks, hoekom word die jeug so gestraf. In die skoolkwartaal kan ek nie wakker word nie, in die vakansie kan ek nie aan die slaap bly nie. Ek blameer die skool hiervoor. Asof die propoganda en reëls nie genoeg is nie. Ek ly tot in Kersfees nog aan bomskok. Ek het nou al my selfoon se ringtones verander, want dit heriner my aan vroegoggend wekkers, wat soos 'n hoeter in my ore blaas om my vir nog 'n dag te dril en te martel tot ek ingee en ook toelaat dat hulle my in die worsmasjien kan indruk. In elk geval, ek het gedink daar aan om 'n masjien te ontwikkel wat my nie sal wakker maak nie, maar aan die slaap maak. As enigeiemand enige idees hoegenaamd het, los 'n boodskap, bou die masjien en stuur dit vir my. Aan die persone wat dink dat ek onredelik is, "You may say I'm a dreamer, but I'm not the only one!"

Tot dan
Danie du toit