Thursday, December 6, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL


GONE FISHING

vakansie, wat te laat kom en te vroeg eindig. REGTIGWAAR, in my lewe het ek nog nooit uitgesien tot skool nie, en ek sal ook nooit nie. My raport was ook ietwat van 'n shocker, maar dis 'n ander storie. Ek het hierdie naweek die onmoontlike gedoen, en dis waaroor ek nou gaan skryf. Nee, ek is nie net besig om die skerm vol te maak met oorbodige langdradige beskrywings van sinnelose sinne en uitstallende woorde nie, ek het werklik iets om oor te skryf. Wie van julle weet waar Struisbaai is? Ek weet...die middelpunt van die aardoppervlak, sout van die aarde- dis eintlik 'n baie nice plek! In elkgeval, ek en 4 van my pelle het hierdie naweek die onmoontlike gedoen, ons het gestap vanaf Strusibaai to Arniston, dit is baie, baie, baie ver. Ons het dit strandlangs gedoen, ons was op plekke wat ons seker is daar nog nie mense was vir 'n baie lang tyd nie. ons het 4 swart tobies gesien, ja, daai voël wat so skaars is dat jy nie eers geweet het bestaan nie. Ek daag enige iemand uit om hierdie strand/bos/middel van nerens pad te gaan stap. Ons was almal half dood toe ons daar anderkant aangekom het. Ons het altesaam 8 ure gestap en een van my vriende kon vir die res van die aand nie praat nie. Nog 'n ding, wie van julle is bang vir seemeeue? Laat ek dit refrase, wie van julle is bang vir 'n keziljoen misile luanching skreeuende seemeeue. Wel, moes jy al ooit deur die seemeeu den van die wereld loop? As jy het, het jy deur die area geloop waar AL die neste is? Het jy al deur hierdie halwe rugby veld van neste geloop terwy hulle almal vol honger baba seemeeue is, wel as jy het, het ek baie respek vir jou as jy nie bang vir is seemeeue nie. Ja, op die pad wat ons moes deurloop, het ons onself bevind in die seemeeu den van die wereld. Ons was eers nie so bang nie, ons het voort gegaan, toe begin daardie monsters skreeu, my ore is nog steeds seer, toe ek af kyk tot op die rots, sien ek dat ons nou net gekom het tot die middelpunt van hulle neste. what fun! Aan jou een kant het jy die diep donker bos, aan jou ander kant die honger see wat die rotse met 'n miloen ton van slae probeer breek, bo jou is daar 'n oneindige getal van skreeuende seemeeue wat jou liggaam begin sirkel en jou vuil maak met hul middagete. In elkgeval, ek hoop julle probeer hierdie klein "stappie". Dis werklik die belewenis van 'n leeftyd!
Geniet die res van die vakansie!
Skool is maar net iets wat ons almal moet deurgaan sodat ons ook eendag as deel van die masjien kan beskou word!

Wednesday, October 10, 2007

If you're Happy and you know it clap your Hands

Idols Idols Idols!!!

I'm sitting in my school uniform in front of my friend's computer. It's 11:33 PM.
We just played two songs at our school's prestige music evening. Yeah... I'm leaving now....bye.

Tuesday, October 9, 2007

DIE AVONTURE VAN N BADKAMERTEEL

Ek staan verward, verdwaald, versaak en onseker in 'n eindelose stroom van gedagtes. Die eiland waarop ek myself bevind martel my klaar verskeurde hart, my siel maan en traan en snik en gaan. Ek het wiskunde huiswerk om te doen!

Die foto wat julle hier sien, simboliseer werklik niks.


Nou dat ons dit uit die pad het, kan ek julle vertel van die mees dringende, dreunende saak van die eeu...





to be continued

Thursday, October 4, 2007

If you're happy and you know it clap your hands

Bonjour!!
I would just like to tell all our English readers to go out and learn to speak Afrikaans.
After you've done THAT, read the latest "Avonture van 'n Badkamerteel"
Read all the others too, just for good measure.

If you don't scream laughing within 10.9 seconds, have the nurse check your vital signs. After you're sure you're alive, learn to speak (and read) Afrikaans again, 'cause it didn't work the first time!

Now that you're a Boer, you can start listening to good music. Try bands like Ysterkoei(duh!!), Zinkplaat and Foto na Dans(Photo After Dance).

FND's best works so far are "Soldaatvolk" (also the best video) and "Huiwerig".
They also brought out a new album "Intervensie" ("Intervention", seriously, learn Afrikaans) It looks like a keeper.

So till next time,
Have a Break, Have a Kitkat!

Cheers!

Wednesday, October 3, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

Sonder vrees, ons en weemoedigheid jam altyd saam, denke wil saam speel, maar hulle soek nuwe metodes om die tyd om te kry.
As jy dink hierdie sin maak sin is jy buite jou sinne!
Die foto wat ek hier gepost het is 'n foto van formaat, dis geneem deur 'n fotograaf van formaat, maar dit het niks te doen met die verhaal van die veraaiende veraaier nie. Ek weet dus nie hoekom ek hierdie foto gepost het nie, meskien omdat ek geen ander keuse gehad het nie, soos die Franse se: J'adore le vasch de ver, wat ook nie regtig sin of saak maak nie.
O, voor ek vergeet!
Die rockspaaider finaal is by Mercury-live in Kaapstad, die moederstad, die stad van... ag los it

koebaai
Danie

Wednesday, September 26, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

"Almal wil 'n huisie by die see he, almal se die struggle is verby, almal se die lewe is eers more, maar more is te laat vir my."

Ons ken almal hierdie bekende sin, geskryf in een van Koos kombuis se bekende liedere, op een van sy bekende albums. Ek het vandag weer na hierdie lied geluister en weereens 'n waardering vir Afrikaanse kunstenaars en musiek gekry.
Baie van ons, tussen die ouderdom van 14 en 18, het onlangs begin beplan aan ons toekoms, van ons wil dokters word, van ons wil ingeneurs, prokereurs of selfs redakteurs word.
Ek self wil graag 'n musikant word. Daar is net een probleem; feitlik almal wil hierdie beroepe in die buiteland gaan beoefen, waar die gras groenner is. Ek en die band waarin ek speel ook het onlangs besluit dat ons graag Amerika toe wil gaan om ons musiek aan die gang te kry in 'n groter ekonomie. Dit is alles goed en wel ja, maar in Amerika praat mense nie regtig Afrikaans nie, wat vir my nogal 'n groeiende faktor is in die sin van my plan in verandering. Ek kan Engels praat op die odd geleentheid, maar ek word baie naar en lighoofdig. Engels is vir my 'n baie eienaardige taal met eienaardige reels wat dit vir die verbruikers moeilik maak om te verstaan. Engels is ook nie vatbaar vir mooi idiees nie. Ek noem 'n voorbeeld; wie kan die bogenoemde sin van Koos Kombuis na Engels toe vertaal sonder om dit te laat klink soos 'n klaar gebruikde mat van 'n sinsnedede? ...Niemand!?... Ek het so gedink.
inelkgeval, Ek sal maar aanhou die taal praat van braaivleis en berge blou, die wat die onroemantiese taal van die britte wil gaan praat, kan maar.
as enigeiemand seergemaak voel, kan julle van nou af ons Engelse patrioot, Albert (Afrikaans gebore veraaier) se rubriek lees, dis in engels!
Totsiens!

Joke net Albert! ...nee!... los my!...eina... Engels!

Wednesday, September 19, 2007

If you're Happy and you Know it, clap your Hands

Ysterkoei is having a little competition,
You might have seen the voting poll on the left-hand side of the blog,
Well, it's there for a reason.

If the voters choose the winning band ( the band who wins at the Rockspaaider finals)
I will personally write a blog post.
It will contain a photo of whatever you want to see.(within reason. keep it clean)
Post a comment after voting to tell me wat you want.

I will also Poke George Bush on Facebook

As if I'm not generous enough allready, I will also post the photo on my facebook Profile.